Back to
Latest News
DE VETTE MOSSEL @ WOORDFEES!

Skop uit jou skoene!  en lê weg aan die "vrug van die see" en geniet ook van die Boland se beste wyne in ons seekosfees-ervaring.  Die enigste manier om werklik seekos te geniet, is in oorvloed, sand onder die voete, saam met vriende en goeie wyn!

Eet soveel jy wil - of kan!

MOSSELS in knoffelbotter - MOSSELS gestoom in witwyn en uie - SNOEK en soetpatats - SEEKOSPOT met mossels, 4 x vis, kalamari en garnale - KALAMARI steak - vars POTBROOD, ens.

R100 per volwassene.  Kinders 13 en jonger - R50.  Voorskools - R25 vir hele spyskaart.  (Individuele disse kan ook van spyskaart bestel word)

Ontspan op ons straat-strand in Van Ryneveldstraat, Stelelnbosch.  Sandpit met skatkis met geldskatte vir kidner van De Vette Mossel gaste.

Ons hou ook 'n skattejag met groot pryse Saterdag, 8 Maart: 10:30 - 6 tot en met 8 jariges; 11:00 - 9 tot en met 12 jariges.

Vrydag, 7 Maart van 18:00 tot 23:00 en                                                         Saterdag, 8 Maart van 11:00 tot 23:00

Sorg dat jou tafel by De Vette Mossel gedek is

Bespreek by 082 448 1135

 
Latest News Order Now Contact Us Tell a Friend