Matige temperature regdeur die seisoen het hierdie jaar vars vrugte geure en beter totale sure veroorsaak. Wingerd het gelydelik ryp geword en dus goeie fenolise rypheid bereik by effens laer ballings. Vroeer kultivars het ons eers laat dink Paasnaweek is net 'n "rumor",maar die Cabernet Sauvignon het ander planne gehad. Dus was 2009 kort,maar kragtig.
Soos ons deur die wingerd geloop en druiwe geproe het,was dit elke keer net weer duidelik dat ons 2009 sagte,maar goed gestruktureerde tanienne kan verwag in die wyne. Pynappel, citrus, groen vy, aarbeie, lemmetjie, wit peper, mocca, om maar n paar van die fantastiese geure te noem wat ons vroegogende in die kelder verwelkom het.
Pinotage was vanjaar verseker een van die uitstaanders en kort op Pinotage se hakke volg Chenin Blanc. So maak julle reg vir 'stoepsit' herfs middae en knus kaggelaande. "
- Ilse van Dijk – Wynmaker
- Philip du Toit - Wingerdboukundige |